Op 29 Augustus 2019 het die Tuli Beestelersgenootskap van SA ook hul jaarlikse dinee gehou. Eregaste was Dr Japie van der Westhuizen (Hoofbestuurder van SA Stamboek) en sy vrou Ria, Freddie Wasserfal (President SA Stamboek), Marietjie Campbell (SA Stamboek Tuli-ras), Tiny Smith en Du Preez de Villiers (Pro Agri tydskrif) en wyle Stefan van Wyk se dogters, Charne en Ilane van Wyk
Die Genootskap se toekennings is by hierdie geleentheid oorhandig: sien op die webblad by Toekennings. Wyle Stefan van Wyk se dogters, Charne en Ilane van Wyk het gedagtes gedeel van hul vader en die nuwe Stefan van Wyk Wisseltrofee vir die Tuli Kudde van die Jaar oorhandig aan Ben Raath, Donkerhoek Tuli Stoet. Jim Bredenkamp was die seremoniemeester en die funksie is gehou by Makarios Country Lodge.