Tuli Beeste - Die Intelligente Keuse

Tuli Beeste - Die Intelligente Keuse

Die eerste Tulis, ‘n groep van 30 dragtige verse en 3 bulle, is aan die einde van 1976 vanaf die T.B.S in Zimbabwe na Suid-Afrika gebring. Die invoerders was die Bornmann familie en ‘n aangetroude familielid, Dr Fanie Kellerman. Dr Kellerman het op ‘n stadium in Zimbabwe gewerk en het daar met die Tulis kennis gemaak. Die beeste is op skoue aan die publiek bekend gestel, boere- en inligtingsdae en prestige promosieveilings is gehou en geleidelik het die Tuli ook in Suid Afrika sy merk gemaak. Die Tuli Beestelersgenootskap is op 24 Maart 1994 amptelik gestig. In 2005 is daar ongeveer 40 Tulitelers met net meer as 5000 aktiewe diere by S.A. Stamboek geregistreer.

Verspreiding

Die Tuli is by uitstek ‘n ekstensiewe veldbees wat gedy op natuurlike veld. Die ras het ‘n besondere vermoë om enige kwaliteit ruvoer produktief om te sit in vleis. Tulis se ongelooflike aanpasbaarheid word duidelik weerspieël as mens na die beeste se verspreiding kyk. Tulis floreer in alle toestande, van die duineveld in Namibië, die Noordkaap en Botswana; die warm hartwater bosveld streke in Zimbabwe, Limpopo en die Laeveld van Mpumalanga; die hoë reënval galsiekte en rooiwater gebiede van Mpumalanga en Natal; die koue berghange van die Drakensberge waar sneeu gereeld voorkom; die uitgestrekte Vrystaatse grasvlaktes; die bossieveld in die Karoo; in die koue mistige berge van die Ooskaap sowel as die kusbos daar. Vandag is daar Tulis in Australië, Kanada, die VSA en in die warm tropiese dele van Zambië.

Eienskappe

Die Tuli is ‘n egte Suider-Afrikaanse inheemse ras met ingeteelde gehardheid en aanpasbaarheid wat verkry is deur natuurlike seleksie oor ‘n periode van meer as twee duisend jaar. Meer onlangse wetenskaplike seleksie metodes het die klem laat val op ekonomies belangrike einskappe en die moderne Tuli is ontwikkel sonder om die raseienskappe, aanpasbaarheid en gehardheid prys te gee. By vroulike diere is veral vrugbaarheid, melkproduksie en lae kalf mortaliteit nagestreef terwyl groeivermoë, voeromset en karkas kwaliteit by manlike diere beklemtoon is. Die Tuli het in relatiewe isolasie ontwikkel en het ‘n unieke genetiese profiel wat hom besonder suksesvol maak in kruisteelprogramme - nie alleen word ‘n hoë mate van basterkrag verkry nie maar ‘n hoë persentasie poenskop kallers ook. Tuli osse asook kruis kalwers rond makliker op die veld af as baie ander rasse.

Om die ideale Tuli te verseker word net soveel klem op die prestasie as die visuele voorkoms van die ras gelê wat gedoen word volgens die Tuli Standaard van Voortreflikheid.

 

Tuli Prestasies

Vleissentraal / SA Stud Book Elite Bull Growth Test Class Winner

Baie geluk aan Ben Raath van Donkerhoek Boerdery Trust wie se bul DKH15-263 op 30 April 2018 as wenner van die Vleissentraal/SA Stamboek Elite bulgroeitoets klas aangewys is.

SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas Wenner 2018
SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas Wenner 2018

 

 

Tuli Cattle Highest Auction Price
Die bul wat die rekord prys hou is R07 08 wat Junie 2014 te Langlyf en Nonnie Produksie veiling verkoop is vir R180 000 aan JV Human by Derby.

 

 

 

Tuli Cattle Management Book

Tuli Cattle Sire Summary The Sire Summary lists the most promising proven and young bulls in the breed, as well as the Breeding Values of all proven sires in the breed. Tuli Sire Summary and Tuli Young Bull List

 

 


Tuli Beeste Te Koop

 


 

© Tuli Cattle. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Tuli Cattle.